In die siek warboel van materie,
gestrem deur munt en glans,
klingel die mamonsimfonie,
verleidelik en fataal.
Deur sy klingelklank betower,
gehipnotiseer en met oogklappe,
laat jy hom toe
om jou toutjies
na sy sin te trek.
En as jou tyd volbring is,
en jy Huis toe moet gaan,
sal daar nie vir jou
'n silwer handtas wees
om jou goedjies in te pak.