Vanaf my swart pallet,
waarop ek verf rangskik,
in verskillende skakerings van swart,
verf ek vir jou ‘n selfportret,
met 'n swart kwas,
op ‘n donkerswart doek.
Wil jy vir my pastelkleur wees,
wat my swart pallet sal kleur,
met lig en kleur en doel.
Sal jy vir my die wit doek wees,
waarop ek die pastelle sal mag aanverf?