Jy het jou eerste skree geskree,
en in my ore 'n klank gegil,
wat spreek van oordeel fel,
en verwerping van my menswees.
Met jou eerste skree,
het jy kom oordeel,
het jy vir my kom sê,
dat ek nie meer saak maak.
Jana, jy spreek van haat,
van uitsmyt en verwerp.
Jana, jy is die naam.
wat my essensie reduseer tot nul.
Jou ontstaan spreek 'n vloek oor my,
jou bestaan die stempel van my oordeel.
Waarom jy moes kom begryp ek nie,
want woorde het my reeds geoordeel.