stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Jana
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Jy het jou eerste skree geskree,
en in my ore 'n klank gegil,
wat spreek van oordeel fel,
en verwerping van my menswees.

Met jou eerste skree,
het jy kom oordeel,
het jy vir my kom sê,
dat ek nie meer saak maak.

Jana, jy spreek van haat,
van uitsmyt en verwerp.
Jana, jy is die naam.
wat my essensie reduseer tot nul.

Jou ontstaan spreek 'n vloek oor my,
jou bestaan die stempel van my oordeel.
Waarom jy moes kom begryp ek nie,
want woorde het my reeds geoordeel.

© Stof

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.