Toe ek jou in die oë kyk,
vra hoe dit gaan,
kyk jy weg en antwoord my,
dit gaan goed.
Toe ek jou vra of jy dit bedoel,
en jou masker effe af laat skilfer,
was jy vies vir my,
want jy wis ek sien die kraak.
Toe ek weke later weer vir jou vra,
hoe gaan dit nou met jou,
het jy my in die oë gekyk,
en gevra, dat ek jou sal help dra.