Met 'n boek in die hand,
maar gedagtes reeds op ver-ver paaie,
wink 'n blink traandruppel op jou wang,
en val vergete in die gras.
Sonder dat jy daarvan wis.
En soos ek verby jou stap,
wonder ek of ek dit mag waag,
om vir jou my skouer aan te bied.
Om die voorreg te mag hê,
om jou traan op te vang.