Met jou blitsige vuurwa,
op laeprofiel alooi,
jaag jy verby my.
So vinnig,
dat ek nie eens jou gesig kan eien.
Enkele blokke later,
op 'n laeprofiel trollie,
met 'n chaufeur en versorger,
jaag jy verby my,
met 'n gesig, wat ek nie meer kán eien.
Agterop 'n skrootmetaaltrok,
met sy twintigduim profiele,
ry jou vuurwa se wrakstukke,
na hul laaste bestemming.
Nou vra ek jou:
waarom?
waarheen?
vir wat?