Vasgevang in 'n greep van materie,
onderdruk jy jou lewensdroom.
In vrees om vir jou vryheid te bie,
is jou lewe skaam en beskroom.
In 'n hokkie van valse sekuriteit,
kruip jy weg vir jou eie jy.
En as jy moet rekenskap gee van jou tyd,
sien jy dit was aan sinlose dinge gewy.
Laat dan nou jou drome vry,
en gebruik jou milde talente,
om op winde van vryheid te ry,
en los te kom van blote klingel-sente.