Jou satynjurk omvou jou vlees,
smeulend skoon, verloklik ongeërg.
Die wete van 'n ontdekkingstog,
laat my sekondes soos ure voel.
Jou wese straal dit uit:
"kom maak my volledig,
kom raak my aan,
kom koester my vir dit wat ek is".
Verborge skoonheid deur satyn verskuil,
nooi opreg-smagtend en eerlik,
sonder masker, sonder skroom,
kom deel die ontdekkingsreis met my.
dan daal die skadus,
en skemerpastellig,
maak sy verskyning...
Jou jurk lê sorgloos op die vloer,
en my vingers koester,
jou volmaakte vlees,
op reis na ons droomland,
waar smagting,
van blote droom,
tot soete werklikheid
verwissel.