Jou wimpers flikker
en jou lyfie smeul.
Sagte woorde,
vloei oor jou blink lippe.
Met verkrummelde oordeel,
en verdrink deur jou verskuilde lis,
sleep die verblinde, verlore vent,
saam met jou die afgrond in.
Jou vangs is weereens gedaan,
en sodra jy hom klaar kon uitsuig,
is hy net nog 'n geraamte,
in jou hoogvol kas vol holgesuigde kadawers.