stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Vangs
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Jou wimpers flikker
en jou lyfie smeul.
Sagte woorde,
vloei oor jou blink lippe.

Met verkrummelde oordeel,
en verdrink deur jou verskuilde lis,
sleep die verblinde, verlore vent,
saam met jou die afgrond in.

Jou vangs is weereens gedaan,
en sodra jy hom klaar kon uitsuig,
is hy net nog 'n geraamte,
in jou hoogvol kas vol holgesuigde kadawers.

© Stof

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.