In 'n oomblik van waansin,
word 'n medemens vervloek,
tot ewige onheil en ongeluk.
Maar jy gaan steeds voort,
om meer wrakke met woorde,
langs die pad te laat.
En vir hom wat nie weet,
dat Christus mensevloeke wis,
vernietig jy met enkele oordeel.
Luister self 'n keer na jou woorde,
en moenie skrik vir dit wat jy hoor,
vanuit jou grote eiewaan.
Laat dan nou jou seermaak-woorde,
van vloeke en van oordeel,
en wees 'n bron van heling.
Dankie vir heling,
van 'n vinnige mond.
Dat U die los speling,
omskep tot stewige grond.
Laaste vers geleen uit "Tong" © Stof 2003