stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Ontwaking
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Jou prentjiemooi profiel
projekteer pikante puntjies,
prominent, parmantig,
pragtig afgeëts.

Op ruim ronding
van rojale radius,
rys rosige rosies,
rooierig roepend.

En heimlik hygend
hoor 'n hart van hout,
'n hooglied tot herstel,
uit herfshibernasie.

© Stof

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.