Snuif snuif,
snuffel snuffel.
Jy krap al weer,
in my beendere
en put behae daaruit,
as jy nog 'n muf beentjie kry.
Skinder skinder,
klets klets.
Kan jy nie wag,
om hierdie skelet,
aan die wereld uit te blaker.
Met geurige sousie aangevul.
Bang bang,
koes koes,
vrees jy die dag,
dat ek dalk iets van jou skelet ontdek.
- weet dan dat ek jou nie so laag sal ag,
en jou skemer uit sal lig.