Terwyl jy babbel,
in my gedagtes skarrel,
deel jy jou vreugde,
besing sy deugde.
En diep in my wese,
weg van skinderneuse,
is my hartsnaar stil,
en my eensaamheid kil.
As ek dan die dobbelspel,
wil speel as eensaam opwel,
wie gaan eerste oordeel,
met my koue hart wil speel.