En nou het jy gekom,
help dra aan 'n sware vrag.
Gestuur direk van my Vader,
om my laste te verlig.
En as ek na jou kyk,
raak my denke lig verward,
want hoe kan dit dan wees,
dat 'n engel 'n hartsnaar roer?
Jy is te waardig,
jy verdien veel meer.
En as ek dan droom,
weet ek, ek mag nie.