Ek weet 'n meul maal fyn,
maar fyn en rein kom deur pyn.
Ek weet die meul is 'n gawe,
wat aan my moet skawe.
Ek weet dit is 'n seën,
genade soos strome reën,
maar tog is ek rebel,
sien ek in genade iets skel.
Wees my nou genadig,
want ek is so onwaardig.
Gee my hart opregte dank,
in die plek van my ydel stank.
Dankie dat U maal,
omvorm om deur taal,
vir U 'n steen te wees,
waardeur ander kan genees.