stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Verskuil
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting


Jy maak my soms wakker,
vra geswolle waarom
ek jou wegpak,
so vêr versteek.

As ek antwoord dat sy jou nie meer wil ken,
krimp jy maar terug,
en word net weer 'n eensaam verkrimpte,
verskuilde verlange.



© Stof 2004/04/20

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.