Skildery op die voorblad,
onderhoud met die doek:
- vra die maskervraag aan die skildery,
kry 'n kleurgeskakeerde,
reenboogryke antwoord.
Volkleur en in stereo.
- vra die hartsvraag aan die doek:
en 'n eensaam traan,
sny sy streepspoor,
deur blosser en deur onderlaag.