Vryheidsmagtende lugborreltjie,
opsoek na die vryheid
van ooptes sonder inperking,
baan sy weg, deur vele obstruksies.
Die geur van die buitewereld
benewel sy sinne,
en angstig raak hy opgewonde
as 'n sirkelligkol hom begroet.
Met 'n luide gejuig
kondig hy sy aankoms aan.
Dan versprei sy onmiskenbaar geur,
deur onbeperkte wydtes.
So smag ons almal soms na vryheid.
Bloot net weg te vlug,
en deur luidrigtig weg te breek,
ons ware potensiaal te bereik.