Enkele meters,
paar mure.
Tussen my en ander.
Maar die stil alleenwees,
is soms meer nodig,
as die grootgeraas,
slimkop antwoorde.
Nou is dit ek en Canis.
En Canis en ek.
En die koue klem knars 'n ystergreep,
rondom 'n hart
wat maar net wou deel.
'n Mens is meer as net vleis.
Meer as net vreet en vrek.
'n Mens is ook 'n siel,
het ook 'n hart.
As die ander wat hulself mens noem,
dit maar net wou raaksien.