stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Hoe durf jy dagvaar
deur Reg Joubert
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Watter toepassing is daar van die bekende gedeelte in 1 Kor. 6:1-8 vir ons as Christene? In die ou vertaling vind ons: "Durf iemand van julle wat 'n saak teen 'n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges en nie voor die heiliges nie?" Die nuwe vertaling stel dit in hierdie woorde: "Gaan iemand van julle wat 'n saak teen 'n ander gelowige het, werklik so ver dat hy sy reg by heidense regters soek en nie by gelowiges nie?"

Aan wie rig Paulus hierdie woorde?

Dit is aan die KorintiŽrs en dan ook alle gelowiges gerig, ongeag die kerk-denominasie of gemeente. Almal wat deel vorm van die groter kerk van Christus is deel van die liggaam van Christus en word hier aangespreek.

Wat beteken die woorde: "gaan reg soek voor die onregverdiges"?

Dis die stappe wat 'n Christen neem in 'n geskil met 'n medegelowige. "Onregverdiges/heidense regters" sal hier beteken enige tribunaal wat nie die Bybelse beginsels wat God vir ons gee, toepas as die hoogste gesag wanneer sake bereg word nie.

Waarom mag ons nie na sodanige tribunale/howe toe gaan nie?

Daar is verskeie redes:

a) Daardie howe glo nie noodwendig in God of volg nie noodwendig dieselfde beginsels as ons nie. Hulle sal dus nie God se wil kan toepas vir sy kinders nie.

b) Om na diť howe toe te gaan kom neer op verloŽning van ons posisie as kinders van God. In vers 3 sÍ Paulus dat ons eendag oor die engele sal oordeel - hoe sal ons dan nie nou ons eie geskille kan oplos nie? Glo ons werklik dat ons eendag as regters sal oordeel? Dan moet ons hierdie gedeelte uitleef! Sal iemand wat nie sy eie huis kan regeer nie, bevestig kan word as ouderling in die gemeente? Die antwoord is 'n duidelike nee, volgens die Skrif. Netso sal ons ons geskille met medegelowiges moet hanteer op 'n wyse wat waardig is as kinders van God wat eendag self gaan oordeel.

c) Dit benadeel die eenheid van die liggaam van Christus. In Ef. 4:3 skryf Paulus: "LÍ julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe". Daar is nog so baie ander Skrifgedeeltes wat roep om eenheid in die liggaam van Christus. Vrede en eenheid beteken ook nie net die afwesigheid van struweling of rusie nie, maar wel harmonie, gemaklik-wees met mekaar, warmte en liefde.

d) Litigasie/gedingvoering in die howe is 'n treurige vorm van getuie wees vir Christus. In Joh. 17:21 bid ons Here Jesus vir diť wat deur die woorde van die dissipels tot geloof sal kom: "Ek bid dat hulle almal een mag wees, ... sodat die wÍreld kan glo dat U My gestuur het". Dit herhaal Jesus in vers 23. Ons verkondig nie 'n Drie-enige God aan die wÍreld deur ons optrede as ons nie eensgesind onder mekaar is nie.

e) Litigasie spreek selde die wortel van die kwaad, soos gierigheid, selfsugtigheid, liefdeloosheid, onvergewensgesindheid, aan. Slegs die oppervlakkige probleem word opgelos en die persoon dra daardie probleem in hom saam na die volgende dispuut in sy lewe. Geen geestelike groei vind plaas nie.

f) Litigasie bewerk byna nooit versoening nie. Daarvan is ons as regsgeleerdes daagliks getuies!

Wat staan ons as Christene dan te doen?

Die Here plaas nie net 'n verbod hier op litigasie tussen gelowiges nie, maar gee aan ons 'n duidelike opdrag: Gaan na die gelowiges met julle geskille, of ly liewer onreg en laat julle tekort doen! In vers 5 word dit duidelik dat ons 'n verstandige mens onder die gelowiges moet kry om die saak vir ons te besleg. Die manier waarop dit hier gestel word, dui daarop dat daar wel sulke mense onder gelowiges is - ons moet hulle net gebruik. Sal God sy kerk 'n opdrag gee en hulle nie dienooreenkomstig toerus nie? Die ander alternatief is om maar onreg te ly. Niemand wil dŪt graag oorkom nie en daarom moet ons 'n manier soek om geskille in die kerk op te los.

Maar is die howe en tribunale nie juis ook deur God daar gestel nie?

Beslis ja, alle gesag kom immers van die Here. Die gedagte hier is dat Christene dit nie teen mekaar mag gebruik nie. In die Christen-gemeenskap moet daar 'n ander stelsel heers en geskille moet op sů 'n manier hanteer word dat God daardeur vereer en behaag word.

Kan ek as 'n Christen dus nooit 'n medegelowige dagvaar of hof toe vat nie?

Die antwoord hierop lÍ in die feit dat jy nie 'n medegelowige hof toe mag vat nie. In Matt. 18:15-20 het Jesus dit duidelik gemaak hoe ons teenoor 'n broer wat teen ons sondig moet optree. Dit sal iemand wat jou geld skuld en dit nie betaal nie, insluit; ook een wat jou skade berokken het, of wat nie sy kontrak-verpligtinge nagekom het nie, of wat swak werk gelewer het. Jy moet hom teregwys tussen julle twee alleen. As hy nie luister nie, neem een of twee gelowiges saam met jou. As hy na hulle ook nie luister nie, vertel dit vir die gemeente (sy gemeente). As hy nie na hķlle luister nie, behandel hom dan soos 'n heiden. Daar is geen beletsel teen 'n hofsaak teen 'n heiden deur 'n gelowige nie, maar let op jou motiewe en dra sorg dat jou optrede God verheerlik en ook noodsaaklik is.

Enigeen met konflikprobleme kan met Christelike Dispuut Resolusies skakel by 0117682618 of die Christen Regsluivereniging by 0118222831

© Reg Joubert (& Lucerna September 2000)


© Reg Joubert 2000/09/28
.