stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Stowwerige publikasies
'n Paar stowwerige inkkolletjies op skoon papier...
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Splinters 1
ISBN no: 0-9584440-2-1

'n Bundel wat deur skets en poësie verskillende lewenssituasies en belewenisse vasvat vir wat dit is. Daar word gepoog om maskerloos sekere vrae te vra. Vrae waarop antwoorde dalk eerder retories moes wees. 'n Getuienisreis deur dale en hoogtes.

Splinters 2
ISBN no: 0-9584440-1-3

'n Bundel in dieselfde trant as Splinters 1, behalwe dat hier meer oppervlakkige, dog essensiële dinge gedeel word. Deurentyd blyk dit dat al hierdie dinge nie sonder God se genade moontlik sou wees nie.

'n Bondel Splinters
ISBN no: 0-9584721-1-4

Hierdie bundel is 'n omnibus van die poësiestukke in Splinters 1, Splinters 2 en 'n reeks nuwe werke wat na dié bundels ontstaan het. Dit raak verskeie lewenskwessies, deel vrae, genade en wonderbare draaipunte met jou. As jy genoeg selfvertroue het, skaf een aan en gaan delf in jou maskers en geraamtes met "'n bondel splinters" as reisgids.

Psigoët
ISBN no: 0-9584721-4-9

Psigoët beskryf waarnemings deur poësie . Mense, mensreaksies, mensepsiges, spoke, lewenskwellings en hoop word hier geananaliseer op 'n manier waarop jy jouself in baie stukke sal herken. 'n Ware siloët van die psige

Splintersketse
ISBN no: 0-9584721-2-2

'n Omnibus van verrykende woordsketse wat in Splinters 1 en Splinters 2 voorkom, asook nuwe sketse wat daarna ontstaan het. Hier word vrae gevra, antwoorde gegee, versugtinge gedeel en hoop geskep. 'n Geredigeerde weergawe van "Swerwersjoernaal" kom ook in hierdie bundel voor.

Blonde Inspirasie
ISBN no: 0-9584721-7-3

Baie mense het ‘n indruk gemaak op my lewenspad, en maak nog steeds hul indruk. Hierdie bundel is opgedra aan hulle, wat ookal die aard van hul individuele indruk was en of is. Sommige mag verbaas wees, ander mag skrik...

Stofnibus 1
D.V. binnekort beskikbaar

Weens die feit dat die bogenoemde werke almal tans uit druk is en dit moelik is om soveel publikasies individueel te herdruk, het Stof besluit om 'n omnibus saam te stel wat jou op 'n reis deur die keur van al hierdie publikasies neem. Kom lag en huil saam. Kom reis deur genade en beproewing. Kom deel in vreugdes en oorwinnings. Alles in een lekkerlees-volume.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.