stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Suurpruim nursies in Unisa se gange
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Op Woendag skakel Unisa se Kunsgalery vir Stof met 'n versoek om te kom help met 'n probleempie wat daar ontstaan het. So mooi gevra, hoe kan Stof nou nee sÍ. Stof laai toe twee vriende op en daar gaan ons. Hartlike ontvangs by die Gallery. Die noodsituasie is toe suksesvol hanteer en daar trek Stof en sy vriende Pikkie en Norman weer gang af. Op 'n stadium storm daar 'n nursie op die drietal af. Blinkgestrykte pienk pastel-uniformpie met koper-oorgeblaasde blikgoetertjies op haar skouer. Haar pikante rooierig-gekleurde kapsel herhinder aan die soort van affere wat waaraan mense vir maande lank op hulle kredietkaarte se begrotings aan afbetaal. Net sodat hulle hul suur en siniese binnekant met 'n vals kosmetiese dop kan verskuil. Eers het ons gedink sy het 'n suurlemoen vir ontbyt gehad. Dit blyk toe dat haar vorige aandete ook iets suurs moes wees, want soveel van 'n suuropbou rondom 'n kringspier het ons lanklaas ervaar. Dan is die glimlaggie ook nog onderstebo. Eers dink ons nursie het darem 'n opvoeding en sou eers groet voordat sy praat. Maar die gal braak. Dit loop in strome uit haar PH-ongebalanseerde binnekant. Vra irefante vragies wat op duidelike onkunde oor ons spesialisasieveld dui. Uiteindelik blyk dit toe mos dat sy bedreig voel omdat sy dit nodig ag om 'n selfbeeldprobleem agter 'n agterstevoor identiteitskaartjie en 'n paar stukkies blik op die skouer te probeer wegsteek. Doen toe selfs by sekuriteit navraag oor die ongewensde lewensvreugde wat ons durf uitstraal in haar onmiddelike omgewing. Tydens die hele gesprek is daar 'n ou vriend, 'n sekuriteisbeamte wat ons goed ken ook in die geselsskap. Sal maar nie sÍ wat hy in Tswana vir my oor nursie gesÍ het nie. Sy sal dalk daarna nooit weer haar suur gesiggie in die gange van Unisa durf wys as sy weet wat haar kollegas haar in Tswana noem nie.
Rasionaal agter die stukkie: As jy sien die dag het vir jou 'n oormaat vreugde en geleentheid in stoor, neem dit, maak die heel beste daarvan en deel dit met almal om jou. Jy het dit gratis en verniet gekry en daar is geen rede om dit te snoep nie. As iemand jou dus, selfs agressief, daarop wil aanvat, is al wat jy kan doen maar net om die suurpruim jammer te kry, want hulle het self gekies om nie hulle pakkie vreugde en geleenthede vir vandag te neem nie.
Aan die nursie: Ek is nogal gereeld by Unisa. My hoedanigheid daar maak nie nou saak nie, want jy sal dit in elk geval bevraagteken. Jy sal moet begin gewoond raak aan spontaniteit en dankbaarheid...

© Stof 2008/10/27

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.