stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Opregtheid
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Moeg, na 'n lang dag vol moleste gaan maak ek 'n draai by 'n goeie vriend. Ek sak in sy stoel neer en haal vir die eerste keer in 'n lang tyd weer asem. Hy verdwyn in sy kombuis in. Oomblikke later kom hy daar uit met 'n bak vol bredie. Gemaak met gewone goed, maar saamgestel soos wat geen bredie nog ooit gedokumenteer is in 'n respteboek nie. My moeë hande het die lepel geneem, en ek het die vreugde skeppie vir skeppie geniet. Geen restaurant kon nog ooit hierdie resep ewenaar nie. Geen franse sjef sal dit ooit kan namaak nie. Dit het gekom van 'n mens wat meer menswaardigheid in hom het as party woonbuurte se inwoners in totaal. Die bak kos het uit die hart gekom, sorgvuldig saamgestel met eensame hande wat so dikwels alleen en verworpe sy dae en nagte moet slyt. Dan besef ek dat die grootste vyfgangmaaltyd met al die foefies daarmee saam, nooit so suksesvol sal wees soos 'n basiese, ongedokumenteerde, maar meesterlike bredie wat uit die resepteboek van die hart kom nie.

© Stof

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.