|
|

stof tot stof, stof tot nadenke: 'n stowwerige gegriffel
|
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!
|
Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!
|
| | | |
|
Dit gebeur dikwels dat 'n passasier in 'n voertuig se gesprek hoofsaaklik uit ongevraagde advies aan die bestuurder oor sy bestuursmetodes of sy roete bestaan. Deur so op te tree, word 'n direkte mosie van wantroue in die bestuurder geplaas, en blyk 'n stuk ondankbaarheid oor die geleentheid om te kon saamry. Dit het dus noodsaaklik geword dat daar 'n stel reëls saamgestel word waarvolgengs met so 'n bekdrywer gehandel behoort te word.
Waarskuwing aan bekdrywers
Bekdrywers sal sonder verhoor agter op die bakkie of vragmotor saam met die vrag gelaai word. Indien die insident in 'n sedan plaasvind, sal die omstandigdhede in punt 2 genoem, as gegewe aanvaar word en sodanig gehandel word.
As die vrag die hele laairuim volmaak en daar nie meer plek is nie, sal hul by die naaste veilige stopplek afgelaai word.
R2.50 sal, waar moontlik en beskikbaar, voorsien word om die volgende taxi te haal.
Reën, storm, orkaan, wolkbreuk, burgeroorlog, Al Quida aanvalle, ANC teenwoordigheid, chemiese oorlogvoering, bedreigende karnifore langs die pad, familie in die parlement of 'n opgeblase ego is geen verskoning nie.
Indien 'n taxi of 'n bus nie beskikbaar is nie, sal die oortreder duimgooi.
Familie of kennisse mag ook per telefoon, per rooksein of per bostelegraaf vir 'n geleentheid op eie koste gekontak word vir 'n geleentheid.
'n Volgende saamrygeleentheid is onderworpe aan suksesvolle rehabilitasie.
|
|
Rehabilitasieterapie sal op eie koste onderneem word
Die oortreder sal self verantwoordelik wees vir verblyfkostes by die rehabilitasiesentrum.
Sou verdere oortredings weer voorkom, word die oortreder se toekomstige mobiliteit beperk tot openbare vervoer, eie vervoer of hoefdiervervoer op eie risiko.
Die busdrywer, die hoefdier of die oortreder se eie voertuig mag egter te enige tyd weier om verdere dienste te verskaf as hul vaardighede en oordele in twyfel getrek word.
As daar na alle billike stappe op geen wyse suksesvolle rehabilitasie plaasvind nie, sal 'n beroepspes op sy eie koste aangestel word om die oortreder daagliks te vergesel op al sy aktiwiteite en en hom te kritiseer, te adviseer en te kerm oor alles wat hy doen.

.
|