Mart Coetzee is vanoggend Huis toe. Haar diens hier benede, is voltooi.
Mart Coetzee: 'n naam bekend onder vele filantrope. 'n Naam wat die wat haar ken, herhinder aan 'n onbaatsugtige omgeemens. Iemand wat nooit 'n medemens geoordeel het nie. Mart is geseën met die gawe om elkeen wat haar pad kruis, op te som, en nog voor gevra is, haar skouer te kon aanbied vir daardie unieke behoefte wat sy in haar boetie of sussie raakgesien het.
Wanneer dié wat ander gedien het, uitgeput was, was sy die een wat die moë herder onvang het, en hom bedien het, sodat die herder weer krag had om na sy kudde om te sien.
Mart wag vandag vir elkeen wat sy liefhet in 'n ewige dimensie van glorie en beloning. Haar arms is oop. En ek is seker, soos wat ons mettertyd een vir een daar aankom, sal sy die eerste een wees wat haar arms oopgooi en 'n welkomdrukkie uit die hart sal gee. So sal sy in afwagting wees op elkeen vir wie sy gebid het, vir wie sy omgegee het, vir wie sy na Pa se genade toe gelei het.
Mart se vertrek het elkeen van ons weer herhinder aan die noodsaaklikheid om elkeen self die verlossing te neem wat Jesus Christus deur Sy kruisdood bewerk het. Die feit dat sy met ope arms vir ons wat nog hier is wag, maak dit soveel dringender dag ons vandag nog, ons saak met Pa bedink en regmaak as ons nog nie het nie. Ons wil haar nie teleurstel, deurdat enkeles van ons haar dalk nooit die geleentheid gaan gun om ons te verwelkom nie. Nie omdat sy nie sou wou nie, maar omdat keuses, dalk die roete na diegene se eindbestemming, 'n ander pad laat loop het...
Laat ons dus NOU seker maak, Mart sal nie hartseer wees omdat van ons, dalk nooit haar welkomgroet, sal kan beleef nie.
Amen!