stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

As ek swak is
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Om mens te wees. 'n Skepsel van 'n Omgeevader wat ons elkeen geskep het met 'n doel. Hy het ons geskep, elk met 'n unieke en uiteenlopende doel. Omdat ons Skepper so lief is vir elkeen van Sy skepsels, voorsien Hy vir elkeen van ons.

In ons liggaamlike bestaan, diť vorm waarmee ons ons aardse paar jare deurbring, leef ons te midde van uiteenlopende uitdagings. Uitdagings wat elkeen op sy eie manier probeer hanteer. Sommige neem die gawes waarmee Pa hulle geseŽn het, eis dit alles vir hulself op, en probeer sonder om Hom daarin te ken, hul eie heil uitwerk. Ander egter, weet waar hulle gawes vandaan kom. Hulle weet dat die Gewer van die gawe, hulle soveel te meer sal seŽn as hulle hierdie gawes volgens Sy wil gebruik.

As mens, het elkeen van ons ook 'n breekpunt. 'n Punt waar menslike krag en slimmighede nie die oplossing bied nie. Dit is dan dat diť wat gewoond is om onder leiding van Pa en in in Sy leiding te wandel, weet waar hulle krag lÍ. Dit is dan dat Pa ander wat deur Hom daarvoor toegerus is, oor sy kinders se pad bring en hulle laste ligter maak. Hy gebruik 'n gehoorsame medemens om die perfekte antwoord te bied.

As ek swak is...

Die hantering van administratiewe frustrasies was nog nooit Stof se sterk punt nie. Die tipe probleme duik dikwels op as 'n enkeling op sy swakste is. As alle menslike stelsels en die meeste medemense, dood spreek oor 'n situasie. Vandag bring Stof hulde aan 'n paar administratiewe engele. Hulle wat, gehoorsaam aan Pa, op sy swakste punt gekom het en sake vir hom help hanteer het. Hulle wat Stof kan vertrou met sake wat so maklik kan verkeerdloop in die verkeerde hande.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Gerrit, die eiendomskenner. Die persoon wat gehelp het toe 'n instansie adresbevestigings wou hÍ en aanhoudend bly kla en kerm het oor wat Stof het. Gerrit, dankie, jy is 'n stÍr. Jou gehoorsaamheid het 'n reuse rots uit die pad gestoot.

Die Departement van Binnelandse Blabse. 'n Departement wat dikwels toegeruste personeel het, maar hulle word beperk deur enkele kollegas of prosedure wat die vloei van sake onmootlik maak. So gebeur dit dat James, 'n amptenaar by die adjunk Direkteur Generaal se kantoor, van my turksvy te hore kom, en binne 'n baie billike tyd, hierdie klippie kon verwyder het.

Thys, 'n kollega, maar ook 'n persoon met bepaalde senior outoriteite. 'n Man wat sy outoriteit verantwoordelik gebruik. Thys, 'n man wat administratiewe sake met toe oŽ hanteer en dit loop vlot. In die proses om 'n bepaalde staatkundige outoriteit te bekom, het hy uit sy pad gegaan om my lewe makliker te maak. Vanuit sy posisie kom hy met gesag praat. In daardie hoedanigheid, het hy dan ook direk met die regte amptenare gekommunikeer. Die proses in nog nie afgehandel nie, maar die wete dat dit in sy bekwame hande is, maak dat hierdie outjie wat tans swak en broos is, gemoedrus kan hÍ dat dit sal regloop.
Voertuigadministrasie, 'n frustrasie wat dikwels een of ander tegniese probleem oplewer. Tydens 'n onlangse genade waarmee Stof geseŽn is, was die hantering daarvan onvermydelik. Gesien in die lig van Stof se energievlakke, bied hy aan om die saak te hanteer. Daar duik inderdaad toe 'n kinkel of twee in die kabel op. Die manier waarop hy 'n paar aspekte van hierdie saak tans hanteer,maak Stof dankbaar vir dat Thys op die regte oomblik, daar was om in gehoorsaamheid aan Pa, in te spring en sy gawe onselfsugtig met 'n kollega te deel.

So is daar van tyd tot tyd baie ander engele wat Stof se pad kruis. Engele wat verskeie sake vir hom makliker gemaak het.

Vandag egter, sonder hy bogenoemde engele uit. In hierdie tyd van moegheid en broosheid, waarin hy nie die krag het om rompslomp te kan hanteer nie, kom julle en maak die deurslaggewende verskil. In hierdie tyd, is dit juis julle wat wat dit moontlik maak dat bepaalde seŽninge in Stof se lewe wat andersins verlore kon gaan, tot volle werking kan kom.

Mag ons Vader julle oorvloedig seŽn. Mag julle ook weet, dat eendag as Stof weer sterk is en julle hom nodig het, hy onvoorwaardelik daar sal wees vir julle.

© Stof 2010/12/12
.