|
|

stof tot stof, stof tot nadenke: 'n stowwerige gegriffel
|
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!
|
Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!
|
| | | |
|
Die wrede kuns van woordinleg
|
|
| | |
|
'n Gesprek begin. Jy sê mos altyd... Gevolg deur 'n gebabbel oor dinge wat nooit die aangespreekte se mond sou verlaat nie. Later wil die spreker summier argument voer daaroor, verwag dat die aangespreek te 'n saak moet verdedig wat nooit eers sy breinkind was nie.
Woordinleg: Die kuns om jou eie afwykende gedagtes in 'n ander se mond te lê, en selfs jou slagoffer te probeer oortuig dat dit wel sy woorde was. 'n Manier om 'n boodskap te probeer uitdra sonder om self pa hoef te staan daarvoor. Komediante word dikwels die slagoffer daarvan. Iemand wat so graag 'n skurwe grap wil vertel, maar dit nie nie aan sy eie naam wil koppel nie, gebruik 'n komediant se naam synde die een wat dit eerste sou vertel. Dit word dan as voldoende verskoning gebruik om wel daardie gewraakte grap te vertel. Ons as gewone plebs, ervaar seker daagliks hierdie ding ook aan ons eie lyf. Ons hoor so dikwels dat ons iewers aangehaal is synde iets kwyt te raak wat minder vleiend is oor 'n ander.
Iets wat gereeld gebeur, is dat 'n familielid sou sê: "o, jy het seker vandag weer gepreek". Dan raak hy knorrig as die verskil tussen preek, en Woordbediening verduidelik word. "maar jy het mos vanoggend gesê, jy gaan preek?" Woorde wat nooit gespreek is nie.
'n Stydlustige sal alte graag 'n gesprek begin met 'n stelling aan sy gespreksgenoot oor 'n ingelegde woord. 'n Woord wat nooit gespreek is nie. As dit dan nie die konflik tot gevolg het wat hy voor gehoop het nie, word hy kwaad, want sy slagoffer het nie vir sy strik geval nie.
Woordlinleg is wreed. Dit is geen kuns nie. Dit is 'n blatante ondeskatting van jou medemens se intelegensie. En dit word 'n slagyster vir diegene wat nie geseën is met 'n goeie geheue nie, want hulle val gewoonlik ten slagoffer van die woordboelie. Al ag jy jou motiewe hoe suiwer, gee dit jou geen outoriteit om jou uitsprake aan 'n ander te koppel nie, bloot omdat jy bang is vir die gevolge nie. As jy dan regtig wil 'n argument optel, moenie dit in die harmonie jou geliefdes se teenwoordigheid doen nie. Gaan soek eerder skoor in 'n kroeg. Dit is nie te moeilik om daar, jou pak slae waarna jy so smag, te gaan vind nie.
|
|
Deur woordinleg te pleeg, sê jy eintlik, jou eie selfbeeld is stukkend. Jy het nie die selfvertroue om jou mening te lug nie. As dit die geval is, weet dat elke mens met unieke en uiteenlopende gawes geseën is. Weet dat jy en jou kombinasie van gawes met 'n doel in jou ingebou is. Dat jou Skepper jou juis so gemaak het, sodat Hy jou op 'n spesifieke manier en plek kan gebruik. Jy het dus nie nodig om te twyfel oor jouself nie. As jy iets op die hart het, spreek dit met trots as jou eie, en ervaar die vryheid van om jouself te kan wees sonder vrees. Jy het nie nodig om dit in 'n ander se mond te lê nie.
Woordinleg is wreed. Eerstens teenoor ander, wat jou slagoffer word. Dit is veral wreed teenoor jouself, want elke keer as jy dit doen, vertel jy jouself, jy is nie goed genoeg om 'n eie mening te hê nie.
Kies dus vandag om met trots te wees, dit wat jou Skepper bedoel het jy moet wees. Kies om jouself en jou medemens, synde skepsels van dieslefde Skepper, waardig genoeg te ag, dat jy beide respekteer. Kies om jou te weerhou van woordinleg, want woordinleg, is dikwels net 'n ander vorm van doodspraak.
.
|