stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Woordmoord
Om 'n medemens met die tong te kerf..
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Vra iemand of hy of sy n moordenaar is. Jy kan seker raai dat die antwoord, sonder huiwering, in die meeste gevalle negatief sal wees. Dalk selfs n stukkie ontsteltenis dat die vraag gevra is.

Minute later blr die aapkas se nuusbuletin. En meteens, is die vreedsame pasivis vol kommentaar oor sy dom medemens oor wie berig word, oor die onnosel sot wat al weer iets in n toespraak ges het. Hulle het hulle monde vol van span XYZ se afrigter wat n moroon is en die die minister van finansies wat met n vierkantige kartonhouer vergelyk word. Die simpel nuusleser se kleresmaak word beskryf as sletterig en die vervelige weerleser dra al weer dieselfde pak as gisteraand. En dan is hy nog 'n gefortifiseerde leuenaar ook, want die beloofde ren wat hy gister belowe het, het nie gekom nie.

Vra dan weer die vraag oor die moordenaar, aan die woordmoordenaar. En hierdie keer is die antwoord sommer agressief. Ek is nie n &0@@*! moordenaar nie. En die moordspraak hou konstant vloei soos wat die spreker die vraer verduidelik hoe afwykend en dom hy is om sulke uitwerpsel te glo

Dae later bied die spreker die vraer n geleentheid aan. Soos wat hulle ry, word elke ander bestuurder op die pad se vermons bevraagteken. En die ingenieur wat bepaal het dat die verkeerslig n langer rooi fase het, word met gesag veroordeel as n anus. Later jaag spreker verby n medemens se voertuig op n sperstreep, en verduidelik in geen onduidelike taal dat die keuse om hierdie streep hier te verf, getuig van die stadsraad se onvermoom te kan dink.

Dan vra die vraer: Sal jy asseblief gou stop. Spreker skud sy kop oor die onnosel voorstel, maar doen dit tog. Vraer klim uit, bedank spreker vir die rit, en verduidelik dat hy verder in vrede sal stap. Sy vraag of die vraer deur die weerlig geklits is, skel hard. As hy daarna wegtrek, skep hy n ekonomiese geleentheid vir die buitebandbedryf

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Ons Vader sen ons dikwels met lewensmiddele en toerusting. Hy leer ons op unieke manier om dit te waardeer deurdat ons soms bietjie aandag daaraan moet bestee. So gebeur dit soms dat van hierdie toerusting 'n foutjie ontwikkel en vir 'n paar dae buite aksie is, of uit diens is vir instandhouding. Die rentmeester, wat weet waarop Vader hom gesen het met hierdie gawes, verstaan dit en aanvaar die Gewer daarvan, skedule vir die instandhouding en herstel daarvan.
In die agterdeur van die ander huis op die werf, staan 'n werfgenoot. Sy woorde dolk soos wat daar dood gespreek word. "Hierdie stuk gemors sal tog nooit weer loop nie" Of: "Al sy rygoed is alweer stukkend." "Verkoop die flenter ding en kry iets anders"... So hou die vloed van vooroordeel oor die gawes wat Vader my gegee het, selde op.

Van die gemeentelede ervaar pyn. Hulle het vir 'n tydjie, bietjie meer aandag en sorg nodig. En in dankbaarheid dat Pa my vertrou met hierdie taak, word die nodige gedoen. Kritici frons, skel 'n oordeel. "Hy sal nooit iets bereik nie". "Alles wat hy kry gee hy vir mense wat te sleg is om na hulself om te sien". "Hy gaan nog vreeslike siektes optel as hy so baie by daardie swak klas mens deurbring". En vele ander, dikwels onherhaalbare dinge, waarmee die medemens wat gesen is met 'n tydjie van nederigheid, se menswaardigheid op meerderwaardige wyse getrap word, tot in die modder. En saam met hulle, die gestuurde wat 'n verskil moet gaan maak...

'n Persoon is siek. Die doodspreker basuin dit uit: "Hy sal seker maar sterf." Laat ons saamstem voor Pa vir genesing, is een versoek. Kom die doodspraak "Jy kan maar vir hom bid, maar jy mors jou tyd, nou is die tyd vir die werklikheid." En hulle spring in hulle vuurwa oppad kiswinkel toe. So s die hoogs gerespekteerde lid van die gemeenskap wie se naam in vetdruk, op n formele kerk se boeke geskrywe staan. Dan is die gedagte onafwendbaar: Is daar net, dalkies net, n paar inhoudelike verskille tussen die kerkregister en die Boek van die Lewe?

Twee mense stap verby. n Toeskouer kyk na die uiterlike voorkoms, en klas dadelik n medemens as minderwaardig, van laer stand, sonder om te weet, wat binne in daardie gees is, daarbinne leef. En neus in die lug, word verbygestap. Op hierdie wrede manier, word menslike meerderwaardigheid dikwels die norm vir n vooroordeel teenoor n gelykgeskape medemens.

Doodspraak: n Keuse wat die meerderheid van die sogenaamde beskaafde gemeenskap kies. 'n Gewoonte wat so diep ingewortel is dat selfs Woordbeginsels verwerp word ten gunste daarvan. 'n Ingewortelde deel van 'n kultuur wat roem dat die aanbidding van die lewende God vir hulle, ho preoriteit is...

Die sekulre nuusmedia. Die norm van alles wat waar is? Die voorskrif wat gesaghebbend bepaal of dit goed, of sleg gaan in die wreld. Die entiteit, wat deur selektiewe beriggewing, 'n hele gemeenskap se emosie kan manipuleer. Die media, n norm wat selfs deur baie van di wat bely dat Christus hulle hoop en verlossing is, gebruik word om te besluit op watter sake die Evangelie van toepassing is, en watter sake eerder met menslike denke hanteer moet word. So word die wat die geheelbeeld sien, hulle wat nie deur die sekulre media geflous word nie, ten sterkste veroordeel deur die slawe van die doodsprekende publieke propagandiste.

Dan hoor jy die edele gsprek. Ja, dit is goed en mooi en reg om naastediens te verrig. Dit is goed om kerk toe te gaan. Dit is goed om te bid. Dis goed om iets vir 'n ander te gee, as jy het. En dan daardie alleskanselerende woordjie, maar...
Maar eers as jy na jou eie omgesien het. Maar eers as die realiteit (vergleke met die Evangelie?) in ag geneem is. Maar eers as jy seker gemaak het dit is nie 'n klad op jou sosiale staus is om met daardie soort te meng nie, Maar, maar maar. Maar, is 'n woordjie wat in vier letters alles kanseleer wat dit voorafgegaan het. Dit is opvallend dat die meeste kragwoorde ook vier letters het. Maar, is die paspoort wat die mens gebruik om homself die reg toe te eien om sy eie ego, dikwels sy eie negatiwiteit te voed, nadat dit al die positiewe wat dit voorafgegaan het, wreed gewis het binne 'n oomblik. Maar, is die woordjie waarmee menige Woordbedienings verwerp word die oomblik as die luisteraar die aanbiddingsplek verlaat. Met 'n "Dit was 'n mooi diens, maar die pastoor weet nie wat die omstandigdhede by my werk is nie..." "Dis waar wat hy s, maar hy ken nie my skoonma nie...". Menige ander voorbeelde kan binne enkele minute in alledaagse gesprekke, gehoor word.
Die woordjie, maar, die dolksteek, wat wat dikwels, daardie woordjie is wat doodspraak voorafgaan.

Doodspraak geskied ook dikwels vanuit 'n menslike magsposisie. 'n Sekere pos, 'n posisie in 'n komitee, of 'n tradisionel posisie in die familie. So word gesag deur die persoon as persoonlike bate geneem. Dit word gebruik om sy eie beeld te verbeter. Om selfs op ander te mag trap, in die proses van sy eie opgang.
Gesag, overgestsynde outoriteit, was nog nooit en sal ook nooit in die mens gesetel wees nie. Alle vorme van gesag word deur die Skepper self, aan sy skepsels gedelegeer slegs vir 'n bepaalde tyd of doel, sodat dit gebruik kan word om ander te dien. Daardie gesag is nooit 'n permanente eienskap van die draer daarvan nie. Dit gee nie daardie individu die reg om homself of haarself as 'n gelykgeskapene se meerdere te stel nie. Dit gee veral nie aan sodanige individu die reg om doodspraak oor ander mense en sake te spreek nie. Die oomblik as gepoog word om hierdie bloot gedeleerde gesag teen die Gewer daarvan te gebruik, word dit Godslasterlik. Die oomblik as die vertroue wat jou Skepper in jou gestel het deur jou met 'n bietjie gesag te vertrou, deur jou vertrap word om eiegeregtige redes, het Hy die outoriteit om dit binne oomblikke, op 'n manier wat dalk juis vernederend sal wees, terug te neem. Gesag: 'n gedelegeerde gawe, wat nooit teen die Gewer, Sy werk, of enige van jou medeskepsels gebruik mag word nie. 'n Gawe wat nooit as veskoning vir doodspraak, gebruik mag word nie. Jy wil tog nie Pa se hart so vertrap nie.

Menslike denke en intelegensie is n direkte gawe vanuit die hand van Vader self. Iets wat nie self bereik kan word nie. Vader self is die een wat sy skepsels met verskillende talente toerus en besluit wie sal , met 'n goeie rede, oor bepaalde eienskappe beskik, aldan nie. Om die feit dat jyself bepaalde talente en vroemons as geskenk van Hom ontvang het, moet jou juis dankbaar maak. Dit is nie jou lisensie om de wat nie daardie gawes ontvang het, as onnosel, as minderwaardig uit te jou nie. Vader sou kon kies, om jou dalk te kon plaas in hulle situasie. Maar Hy het nie. Die mens het egter besluit, 'n gawe of talent is iets wat homself die mag gee om ander te mag ertrap, te mag minag, met woorde te mag uitmoor. Hierdie gawes word daagliks deur die ontvangers daarvan gebruik n misbruik om self te besluit wanneer dit gele is om die Gewer daarvan, te eer, aldan nie. Maar alte dikwels, word hierdie selfde gawe gebruik om tn Hom as Gewer daarvan, planne te snoer. Soos met gesag, is hierdie gawes ook in Sy hand. Hy mag en kan, enige oomblik besluit om die dinge waarop 'n individu so roem, binne 'n oomblik te kanselleer. En dan, word die doodspreker, dalk op sy beurt die slagoffer van doodspraak.

Die keuse om lewe te spreek is jou eie. Die Woord getuig self dat die gesproke woord krag dra. Dat die gawe om te kan praat, reeds 'n verantwoordelikheid is wat met groot rentmeesterskap hanteer moet word. Spraak is 'n gawe wat as moordwapen op die verkeerde tong kan dien. Spraak is die wapen wat 'n gelykgeskape medemens, binne oomblikke kan laat afsterf. Spraak, is die gawe wat genesend kan wees, nie net vir jouself nie, maar ook vir ander. Spraak, gee jou wat kan praat, die keuse om te moor of te dien.

Kies vandag die positiewe. Kies om die mooi, die goeie in die wreld te sien, en dit uit te lig. Kies om jou medemens tot sen te wees, en nie tot vloek nie. Kies lewe bo dood. Kies om daardie spiertjie wat jy tong noem, te gebruik om die wreld 'n beter plek te maak. Kies om daardie spiertjiem te gebruik om te getuig oor die groot dinge Vader in jou lewe gedoen het. Gebruik dit om Hom te loof, nie te belaster nie.

Doodspraak en woordmoord, of genesing en lewe vir jouself, di om jou en die wreld vir solank dit Pa nog behaag om dit te laat voortbestaan? Wat is jou keuse?

© Stof 2011/12/04
.