stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Pretensie
Minagting van jou naaste deur maskerbedrog...
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

So sit Stof mos en griffel, by 'n tafel op die stoep van 'n teater. In die ateljee is een van sy vriende by 'n liedjieskryfkursus. In die teater, is privaatfunksie. Van die stoep af waar Stof sit en griffel, sien hy die gaste kom en gaan.

Die kunstenaars by die kursus, spontaan, plat op die aarde en sommer net hulself. Elkeen se unieke karakter soos deur voorkoms, klere en karakter, getuig van die selfvertroue om in die publiek, bloot net hulself te wees.

Die gaste by die privaatfunksie daag op in mikroblitse met sessyfer prysetikette, veldvoertuie wat nog nooit die teer verlaat het nie. Een gesin daag op 'n 'n lang slap wa met 'n chaufeur, kompleet met pet en das. Elkeen mik vir die naaste parkeerplek aan die ingang. Die manne probeer mekaar uitoorlÍ oor wie nou eintlik die alfa-ram is. Dames in ongemaklike uitrustings wedywer oor wie die ongemaklikste stappie het, ten einde in hul ongemalik stywe boekiekdemins te pas. HoŽ hakies laat enkels wankel en maak diť boetiekstappies, nog meer komies.

Die alfa ooi deel naamplakkers uit sodat hulle mekaar darem kan uitken. Noodsaaklike voorsorgmaatreŽl, want die sterk chemiese geur van party van die salon-kapsels, getuig dat gisteroggend se voorkoms, nie meer vandag s'n is nie.

Die kunstenaars in die ateljee neem 'n breek. Die ander gaste kyk hulle meerderwaardig aan en begin naarstigtelik soek na die simpel kat wat hulle hier aangesleep het. Die kunstenaars laat hulle egter nie deur pretensie intimideer nie, en eis hulle bestaan met waardigheid op.

Dan vervul 'n dankbaarheid my meteens. 'n Lofrede aan my Skepper dat Hy my bevry het van pretensies. Dat Hy my geleer het om met trots, dit te wees wat Hy bedoel het ek moet wees. Dankie Vader, ek neem hierdie gawe weereens met albei hande.

© Stof 2012/10/20

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.