Hiermee my groot dank aan Chantel. Sy is 'n amptenaar by die polisieklarings kantoor vir voertuie by die Lytelton toetsstasie. Sy werk in 'n omgewing waar klante tradisioneel respekloos en as teikens van amtenare se sadisme gebruik word. Sy het egter uitgestyg bo hierdie mentaliteit en hanteer elkeen van haar klante met die respek wat 'n gelykgeskape medemens toekom. In 'n omgewing wat gekenmerk word met dikwelse moedswillige vertragings, gaan sy uit haar pad uit om sake te laat vlot en haar klante se ongerief en frustrasie tot die absolute minimum te beperk.
Chantel is 'n vrou wat eerstens so straal van Jesusliefde, dat almal om haar daardeur aangeraak word. 'n Vrou wat bereid is om in 'n omgewing te werk, waar omgee vir 'n medemens, tradisioneel ontbreek. Sy is gehoorsaam in haar roeping om sake wat satan gewoonlik gebruik om mense te ontmoedig of selfs kwaad te maak, om te keer tot 'n kragtige getuienis tot eer van haar Skepper. Aan Chantel is Stof se wens, dat Pa haar in oorvloed sal seën vir die verskil wat sy daagliks in moedelose klante se lewens maak. Stof is seker, daardie stukkie waardigheid en Jesus-liefde, wat sy saam met elkeen van haar klante huis toe stuur, het menige klante al in die middel van die nag weer laat wakker word, en hulle genoop, om net daar in gebed voor Pa te vra om in hulle lewens in te gryp.