stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

SpieŽlbeeld
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Die afgelope jaar het daar verskeie realiteitsreekse op publieke TV verskyn. In hierdie reekse word vrywilligers genooi om deel te neem. Die motief vir baie deelnemenrs is die ses of sewesyfer prysgeld vir die wenner. Vir ander is dit 'n geleentheid om te probeer bewys hulle is menslik gesproke, superieur. Ander neem deel, maar in 'n persona wat niks van hulself weerspieŽl nie. Akteurs van formaat, maar ook geoefende bedrieŽrs... In sommige van hierdie reekse is ware talent die sleutel tot sukses. Dikwels is die bereidheid om die bekwame leiding van ervare mentors wat beskikbaar gestel word, te neem en dit ten beste aan te wend in die latere fases van die kompetisie.

Motiewe verskil. Maskers van alle formate maak hulle verskyning. Sommige maskers hou langer as ander. Die meeste kraak vinnig. Enkele maskers hou tot die einde, maar verskuil bloot net die akteur. Sy ware kleure, word nooit gewys nie. Ongelukkig het die grootste groep kykers, die vermoŽ verloor om te onderskei tussen gekunsteldheid en ongekunsteldheid. Teen publieke stemtyd, word die persona waarvan die publiek die meeste hou, die wenner. En so, val die prys in die sak van 'n karakter wat dalk glad nie die prys waardig sou wees, as sy ware karakter weŽrspieŽl sou wees nie. Dit word in die spel as taktiek gesien. Vanuit 'n sosiale perspektief, mag dit dalk net as bedrog kwalifiseer...

In hierdie realiteitsreekse, word dikwels onderhoude met die deelnemers gevoer. Soms, vra die beoordeelaars seker vrae aan deelnemers, as moontlik slaggat. Sekere vrae word spesifiek gevra om te toets hoe voel die deelnemer oor sy kompetisie, oor homself, of oor die scenario. In die antwoorde op hierdie vrae, kan 'n sensitiewe oor hoor wat die onderliggende motief is van daardie deelnemer. Dikwels is die antwoord op hierdie vraag so opvallend pretensieus of gefeins, dat almal, buiten die respondent dit self agterkom en die respondent homself sů die gehoor laat grynslag. Optrede teenoor die ander deelnemers spreek ook boekdele. In die naam van "taktiek" word dinge gesÍ en gedoen wat op 'n bepaalde oomblik reg lyk vir sie spreker. As die spreker egter later na die uitsending van die program kyk, wil hul hul koppe in die grond steek soos die hete kole op hul hoof vergaar.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Hierdie antwoorde tydens onderhoude en optredes tydens die realiteitsreekse, is egter nie net 'n weŽrspieŽling van een deelnemer se gedagtewÍreld nie. Elkeen van ons het dinge wat diep in ons bewuste of ons onderbewuste versteek is. Dinge wat ons net nie oor kan praat nie, Dinge wat so seer maak, dat enige vorm van kommunikasie daaroor, in die kiem gesmoor word. Daar is egter ook daaglikse gedragpatrone wat so deel geword het van elke mens, dat hulself dit nie meer raaksien nie. Sommige dinge wat mooi en goed is, ander wat destruktief is.

As ons weer na 'n realiteitsreekskyk, is dit dalk 'n goeie idee om 'n perspektiefskuif te maak. Om in plaas van krities na die deelnemers te kyk, oop te wees om hulle as spieŽl vir onsself te gebruik. Voordat ons vinnig is om die kommentaar of optrede van 'n deelnemer te veroordeel, dink daaraan dat jyself dalk dieselfde sou doen. Of, reeds daagliks doen...

Meteens herken jy jouself. Kom jy agter, die knoppe op jou kop, is waar jou eie plank jou so gereeld slaan. Jy mag dalk 'n deelnemer wil etiketeer as arrogant, maar dan sien jy meteens daardie daaglikse stukkie pronk in jou eie lewe waarmee jy 'n medemens probeer vermaak. En jy sak op jou knieŽ neer in belydenis. Jy mag dalk 'n deelnemer as hatig etiketeer. maar dan sien jy daardie insident waar jyself, daagliks meewarig 'n kollega of familielid verkeineer omdat jyself glo jy is superieur. En weereens, sak jy op jou knieŽ neer in belydenis. Jy mag dalk vir 'n sanger wat vir 'n beoordeelaar vertel hyself of syself is so goed, wil lag en dink daardie persoon het 'n opgeblase ego. Dan sien jy meteens hoe jy deur jou woorde, jouself daagliks bo ander probeer stel. Hoedat jy jou eie swak selfbeeld, self probeer poets deur ander as minderwaardig te impliseer. En weereens, sak jy op jou knieŽ in belydenis. Dis maklik om 'n deelnemer te veroordeel omdat hy iets gesteel het by 'n ander, in die naam van "taktiek". Skielik sien jy jouself, hoe jy gereeld dinge by die kantoor wegdra in die naam van "besparing", En weereens, word jy genoop tot 'n belydenisposisie.

Dit is nie net realiteitsreekse wat vir 'n kyker tot spieŽl kan wees nie. Elke ander stukkie vermaak, hetsy op die televisie, radio of op die groot skerm, kan jou spieŽl wees. Diť dag wanneer jy in dankbaarheid kan getuig dat Pa jou geseŽn het met 'n oop gees, sal jy sien dat in elke stukkie vermaak, elke stukkie menslike interaksie om jou, 'n stukkie vermaning kan wees. Maar ook, dikwels 'n stukkie krediet wat Pa jou wil gee vir die gehoorsaamheid wat jy reeds aangeleer het. Die dag as elke situasie vir jou tot verryking is, maar ook tot belydenis noop waar nodig, het jy die punt bereik waar jy Pa se spieŽl verstaan. Sy spieŽl van die skepping, waarin Hy as Skepper, enige deel kan gebruik om Sy skepsels toe te rus om al nader aan Sy wil te kom.

Maak dus werk daarvan om op te wees vir elke inset wat Pa in jou lewe lewer. Dit gebeur primÍr deur Sy Woord. En daarna seŽn Hy ons ook met die omgewing waarin ons lewe. Mense om ons se optredes. Die gedrukte media, die elektroniese media en die vermaaklikheidsbedryf. Die musiek wat ons luister. Sien stukkies van jouself in al hierdie dinge, laat Pa toe om jou daardeur, nader aan Sy beeld te bring. Sommige spieŽlbeelde sal jou laat loof. Ander sal jou laat dankie sÍ. Ander sal jou laat bely. Maar moenie versuim nie, want deur al hierdie insette in jou lewe, waarin daagliks elemente van jouself ŠŠn jouself gespieŽl word, kŠn jy daagliks nader aan Sy beeld kom.

Maak sommer nou werk hiervan, en maak vir Pa, op hierdie manier, waarlik trots op jou.

Soli Deo Gloria.

© Stof 2012/08/17>
.