stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Titels en formaliteit
Skepsels van dieselfde Vader in ego-kompetisie
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Die afgelope twee dae het Vader 'n vir Stof geseŽn deur 'n broer oor sy pad te stuur, wat hom moes herhinder aan die pyn van pretensie. Deur 'n stukkie korrespondensie wat waarskynlik foutiewelik by Stof beland het, het hierdie broer hom weereens herhinder aan die sosiale skade en pyn wat pretensie, formaliteit en die wangebruik van akademiese en "proffessionele" titels, kan aanrig aan 'n gelykgeskape medeskepsel. Aan Vader al die eer, dat Hy hierdie broer oor Stof se pad gebring het om uiteindelik hierdie stuk, wat al lankal onder konstruksie is, se voltooÔng en publikasie te inspireer.

Laat ons bietjie deel en besin oor hierdie wrede, selfs koŽlbloedige manier wat deur 'n oogklapkultuur in ons stelsels ingegiet is. Daarna is die aangewese om 'n belydenis te doen. As die belydenis in opregtheid gemaak is, kan daar dan radikaal werk gemaak word daarvan om nie net die gewoonte reg te stel nie, maar ook die skade wat ons reeds aan ons medemens aangerig het daardeur, veelvoudig gaan regstel.

Thys, wat verkies om slegs as Thys bekend te staan, is 'n man wat met reg bepaalde titels tegelyk voor en agter sy naam kan skryf. Hy sien egter nie die nodigheid daarvan om dit publiek te doen nie. Hy kan uit ondervinding met gesag kan praat. Weens sy leerbare gees, geestelike volwassenheid en sensitiwiteit vir die Heilige Gees se insprake in sy lewe, kan elkeen wat wil luister, sy woorde ter harte neem. Hy het die volgende geskryf:
"Ons Messias, die Opper Koning in die heelal het gekom as Jesus Yeshua - geen titel, geen self verering. Hy kon die grootste mega-kerk saamgetrek het wat hierdie wÍreld nog gesien het, maar Yeshua het gekies om sy Vader al die eer te gee. Ons mag net sy voorbeeld volg!!Ē

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

So in pas met genoemde broer se motivering om die artikel te voltooi, was daar ook op 'n pas afgelope konferensie van uiteenlopende Woordbedienaars wat Stof bygewoon het, twee sprekers wat hierdie selfde saak met groot erns aangespreek het. Beide gerespekteerde en ervare broers. Diť onderwerp het ook tydens ete heelwat bespreking en baie amen's tot gevolg gehad. Dit blyk dus duidelik dat die tyd nou ryp is om hierdie saak, sonder verskoning en sonder huiwering, in die openbaar aan te roer en so 'n verskil te begin maak in die opheffing, en nie die afbreek van jou medemens nie.

Die broer wat met Stof gekommunikeer het, beskryf die gebruik van die derdepersoonsvorm deur Stof, as voorbarig. Hy sien dit asof Stof homself op 'n troontjie wil plaas. Daar is egter 'n stukkie historiese waarheid wat Stof se broer miskyk...
Deur jouself te distansieer van jou eie ek en in dieselfde trant van jouself as ander te praat, is 'n gebruik wat vandag nog, gereeld in die nabye ooste gebruik word. Die onheilige drie-eenheid, naamlik die ek, myself en myne, is ongelukkig die afgodjie in die westerse beskawing. Dit het so sterk invloed gehad, dat alle moderne westerse tale geswig het voor die versoeking om die persoonsvorme om te draai. Waaroor gaan dit? In kontradiksie met westerse tale, bepaal die meeste antieke tale, en heelwat moderne midde oosterse tale, se gramatika dat die eerste persoon die ander is. Die tweede persoon is die aangespreekte, die jy. Die derde persoon, is die self, die ek. Kan ons as arogante westerlinge nie dalk iets hieruit leer nie. In Aramees, die moedertaal van ons Verlosser, geld hierdie selfde taalreŽl. En Vader het dit waarskynlik so beskik dat Sy Seun in menslike vorm, hierdie taal as moedertaal op aarde moes gebruik. Daardeur wou Hy die mensdom 'n ekstra, maar dikwels misgelese, lessie leer... Laat ons dus (selfsugtige) westerse gramatika van tyd tot tyd wegbÍre, en soos ons Messias, onsself ook openlik, ook op gramatikale vlak, assosieer met die gelyke derdepersoonsmense om ons. Ietsie om lank en ernstig oor na te dink...

Dieselfde broer skryf ook aan Stof dat hy van kleins af geleer is om respek vir 'n medemens te hÍ. Heeltemal korrek, dis 'n goeie eienskap. Hy koppel egter hierdie verskoning van "van kleins af geleer", aan die afstandskeppende wanpraktyk van betiteling en formaliteit. En onmiddelik word eersgenoemde se doel verydel. Hierdie koppeling tussen twee onverwante sake, is egter die resultaat van die kultuur waarin ons grootgeword het, wat weens die menslike aard daarvan, toe nie so volmaak is soos wat ons soms graag wil glo nie. Gaan lees weer Thys se aanhaling hierbo.

Om waarlik 'n gelykgeskape medeskepsel te respekteer, sonder om bloot net voor te gee, is iets wat aangeleer moet word, te midde van kultuurvooroordele wat baie van ons sedert kleintyd mee geÔndokroneer is. Om 'n gelykgeskape medemens van bo af te benader, te laat blyk dat ons as sprekers hom tog as 'n trappie (of heelwat trappies) laer op die sosiale leer beskou, is 'n dolksteek. Die oomblik as ons iemand bedien en moet inspreek in sy lewe, moet ons waarlik kan een wees met daardie persoon. Om 'n skenking by iemand af te laai met 'n meerderwaardige gesindheid, doen dikwels meer skade as wat dit seŽn. Die boodskap dat dit 'n skenking van 'n materieŽl volgestopte is wat bloot sy oorskiet aan die armsalige siel aan die ontvangkant afsmeer, is meer dikwels as wat ons wil erken, die indruk wat geskep word. Dan het die ontvanger dalk 'n vol maag, 'n warm nag of iets mooi om aan te trek, maar sy ewige waarde, sy gees, is ernstig afgetakel. Die balansstaat swaai dan dadelik negatief. En so, verloor ons dikwels kosbare gelykgeskapenes in die ewigheid.

Weinig sukses is in konsultasie en rehabiliteringsverband behaal, deur afstandstaktiek te gebruik. Die terapeut en intersessors moet deel word van die hart van die slagoffer. Dit is al manier om werklik 'n eerlike vertrouensposisie daar te stel. En die gevolg daarvan, is 'n oplossing wat op lang termyn, die situasie permanent kan beredder. Maar meer nog, in die gekonseulteerde se genesingsproses, het jy aan die einde ook 'n kosbare vriend gewen.

Om waarlik te respekteer, beteken om, sonder enige feins, onvoorwaardelik 'n boetie of 'n sussie as gelyke te aanvaar en dit te wys. Dit beteken om saam met jou boetie, te eet wat hy eet, soos wat hy dit eet, en waar hy dit eet. Dit beteken om hom te besoek waar hy woon, soos hy woon, en waarlik sy woning te eer vir die waarde wat dit vir hom as eienaar of inwoner het. Dit beteken om sonder feins, 'n omgee drukkie te gee, ongeag sy voorkoms, die staat van sy klere, sy liggaam, sy liggaamsklankie, sy gebreke en sy adres. Dit beteken om saam met hom te ry in sy voertuig as hy jou 'n geleentheid aanbied, sonder om doemprofeet te wees oor wat alles kan foutgaan, erger nog, te wonder wat gaan die familie sÍ as ek in sy voertuig gesien word... Dit beteken om nooit enige akademiese of "proffessionele" titels, al sou jy selfs daaroor beskik, vir jouself toe te dig teenoor jou broer nie. Uiteindelik, is respek om enige medemens eerlik en direk in die oŽ te kan kyk, en sonder masker, sonder pretensie en sonder vooroordeel, jou onvoorwaardelike aanvaarding en omgee uit te spreek. Eers as ons die vrees vir "wat sal die dominee, die familie of die bure sÍ" oorwin het, het ons ons graad in omgee en respek geslaag aan die Universiteit van die lewe.

Ter afsluiting van die nuus weer die hooftrekke:
Stof en ander gegradueerdes aan die Universiteit van die lewe, is nooit gemaklik met die afstandskeppende en wantrouige formele trant en die titel waarmee soveel hulle probeer aanspreek nie. Synde die spreker se gelykgeskape boetie, wat hulself op hul name wat Vader hul mee geseŽn het, aan die spreker voorgestel het, is en bly die aangewese aanspreekvorm die naam wat tydens die voorstelproses gebruik is. Afstandskeppende titels en formaliteite, verydel vertroue en verwyder mense wat geskape is om mekaar te ondersteun en te vertrou, op 'n wrede en koŽlbloedige manier van mekaar.

Laat ek en jy nou begin introspeksie doen, en ons nie verder skuldig maak aan die wrede en koŽlbloedige vertrapping van hulle, wat Vader as ons gelykes, tot wedersydse seŽn geskape het nie.

Soli Deo Gloria

© Stof 2013/08/02
.