Dis is Maart 2012. Daar is enkele fiskale tekorte wat vir Stof baie nederig hou. Stof smeek toe maar weer sy Vader vir 'n antwoord. Baie later daardie nag, neem Stof dieselfde Bybel wat hy vroeër die dag gebruik het, saam met hom na 'n wegsteek bidplekke op die werf saam met sy kers om net bietjie van Vader se wil te gaan soek. So gebeur dit mos toe dat die Bybel op Ester 3 oopval. En daar, waar vroeër die dag, niks was nie, is 'n kontantbedrag in note wat genoeg is om die probleem op te los en selfs genoeg oorlaat vir 'n klein bederfie.
Ons Skepper is groot. Hy weet wat ons nodig het. Hy, synde die Skepper van alle dinge, het die outoriteit om deur slegs 'n woord of gedagte, enige ding te laat gebeur. Hy kan voorsien so gereeld en so ruim soos wat dit Hom behaag. Hy kan voorsien op maniere wat nie natuurwetenskaplik verklaar kan word nie. En dit maak perfek sin, want Hy is dan die Skepper van die natuur. Net Hy verstaan dit ten volle. Daarom het Hy die outoriteit om enige natuurwet wat Hyself geskep het, te verander vir solank dit Hom behaag en vir enige rede wat Hom behaag.
As jy dus ooit weer twyfel oor Sy vermoë om op wonderwerkende wyse in jou behoeftes te voorsien, mag jy. Want Hy sal weet as jy vra en dit bedoel. As jy daarmee saam bely dat jy Hom volkome vertrou vir wat jy vra, sal Hy dit weet en Sy Vaderhand op presies die regte oomblik oopmaak.
Stof kan vandag getuig dat Pa hom gereeld seën met bonatuurlike wonderwerke. Daarvoor, wil Stof vandag die lof en die eer aan Hom alleen bring.