Ons wêreld roem op vooruitgang. Vervoer te voet of per mens of dier aangedrewe voertuig, is lankal nie meer die norm nie. 'n Defektiewe beskawingsprogressie, kan 'n mens dit maar noem. Openbare vervoer is dikwels nie op skedule of enigsins daar nie. Stede en paaie word ontwerp en gebou rondom voertuie, en selde rondom die meer basies maniere van beweeg.
Hierdie tendens het die gevolg dat die gebruik van eie en gemeganiseerde vervoer, 'n noodwendige behoefte geword het. Daarmee saam, kom ook die uitdaging om elke meganiese ryding, van brandstof te voorsien.
In 'n lewenstaak waar daar geen fisiese of materieële waarborge vir more se voorsiening is nie, is dit gerusstellend om te weet dat ons Vader getrou is en bly voorsien.
Deel vandag in Stof se getuienis: Elke keer wat Pa geweet dis nodig dat Stof moet beweeg, het Hy deur een of meer engele, voorsien in genoeg brandstof vir watter voertuig ookal tot Stof se beskikking gestel was. Die kere wat hy nie voldoende branstof gehad het nie, was ook deel van hierdie Godswonder. Dit was tye wat hy later per retrospeksie, sou sien dat daarheen waar hy wou gaan, nie Pa se wil was nie. Dat dit nie tot Vader se eer sou wees nie.
Brandstof vir voertuie: Een manier waarop ons so gereeld geseën word. Maar sien ons dit ooit regtig raak vir die wonderwerk wat dit is? Laat ons as ons weer op 'n voertuig of in 'n voertuig klim, die aansitmeganisme draai en die klank van'n masjien hoor, deel word van 'n getuienis dat Vader voorsien. Mag ons nooit vergeet om daaroor te getuig nie.
Alle eer aan Hom vir Sy groot voorsiening en wonderwerkende manier waarop Hy dit doen!