Donkies vir Jesus is 'n jong projek. Ons taak is diegene wat deur die deursnee gemeenskap verag word, te leer dat hulle 'n gelyke medemens is, wat nie in menswaardigheid, terug hoef te staan vir enige ander medeskepsel nie.
Per geleentheid het ons 'n behoefte aan basiese groente gehad om enkelinge wat deur beproewing gaan,te kon ondersteun. Ons het die saak aan Pa voorgelę. Binne enkele dae het 'n persoon 'n afspraak gemaak en ons ontmoet by 'n koffiewinkel. Tydens hierdie besoek het sy vir ons genoeg uie gegee om die wat dit so nodig had, te kon help.
Hierdie was 'n saak wat ons in vertroue aan ons Vader genoem het. Die persoon wat die aanbod gemaak het, is self deur Pa gelei om ons te nader. Mag hierdie getuienis jou versterk in die wete dat jy elke versoek in jou lewe vir jouself of vir ander, met vrymoedigheid voor Sy voete kan neerlę. Ek gee Hom al die eer vir hierdie voorsiening deur 'n, prakties gesproke, onbekende.