Dis laat op 'n Saterdag. Stof het pas 'n vrag negosie van sy halfton sleepwa afgelaai. Op dieselfde perseel woon ook een van sy ander kollegas en hy geniet eers 'n koffietjie daar.
Sy foon lui. Dis is Jacques se broer wat raporteer: sy boetie is gestrand anderkant Hartbeespoortdam met 'n onherstelbare pap wiel op sy motorfiets.
Soos reeds genoem, het Stof sopas sy halftonner afgelaai. Dit nadat hy vroeër die dag 'n wiel daarop herstel het wat vir 'n hele tydjie pap was en gevaarlik vinnig afgeblaas het.
En so kom hierdie oproep enkele minute nadat die wa afgelaai is, minder as 'n dag nadat die wa se eie wiel herstel is, en tegelyk op 'n geleentheid wat die voertuig onmiddelik byderhand is. Dat aldrie hierdie faktore so gelyk kon voorkom, is nie menslik moontlik gewees nie. Ons Vader het geweet dat Jacques ons gaan nodig hê en dus vroegtydig, alles perfek in plek gesit. Stof kon dus dadelik na Jacques se pa vertrek, waar ons die wa oorgehaak het na sy voertuig, en vir Jacques en die motorfiets gaan oplaai het.
So sien Stof daagliks hoedat Vader betyds voorsien en voorbereidings tref om Sy skepsels uit nood te help as hulle daarin beland.
Onthou dus om as jy weer in watter meganiese nood ookal verkeer, in vertroue jou Vader se hulp aan te roep, ek Hy sal, nog lank voordat jy die hulp nodig het, reeds die nodige middele gereedmaak en beskikbaar kry. Hierdie getuienis bring eer en dank aan Vader vir Sy groot omgee en sigbare teenwoordigheid in elke noodsituasie waarin ons as Sy skepsels, ons ooit mag bevind.