stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

EAR Registrasie
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Stof loop al baie jare 'n vriendskapspaadjie met 'n persoon wat 'n bepaalde buitelandse kwalifikasie het. Die Suid Afrikaanse owerhede het nie sy kwalifikasie erken nie. Hy het dus amper van voor af al die rompslomp en studie onderneem om die ekwivalent van sy buitelandse kwalifikasie, weer hier te verwerf. Stof is bevoorreg genoeg om daardie selfde kwalifikasie te hê en het dus onderneem om hom deur die proses te lei.

In Februarie 2012 het hy sy kwalifikasie bekom en was al wat hy nog moes doen om hierdie kwalifikasie in werking te stel, was om by die professionele raad te registreer. Hy het vir Stof gevra om hom deur daardie laaste spoedbultjie te help. Hy en Stof is na die kantore van die professionele raad. Hy is verstommend vinnig gehelp. Terwyl hy besig was met sy papierwerk, vra hy of Stof sy dokumente by hom het. Omdat die raad soms vra dat 'n reeds geregistreerde persoon 'n eerste registrasie se vaardigheid bevestig, was die dokumente genadiglik beskikbaar. Net daar, bied hy toe aan om ook Stof se jaarlikse professionele fooi te betaal.

Stof het geen teenprestasie van hierdie vriend af verwag nie. Omdat hy self die prosesse ken en weet hoe moeilik die rooilint prosesse kan wees, was die logiese ding om 'n vriend by te staan. Maar dié vriend het waarskynlik 'n influistering gehad van Pa af, waar hy verneem het dat die fooi nie maklik haalbaar was nie. Daarom vandag, al die eer en dank aan Pa dat Hy hierdie vriend gebruik het om ook Stof se registrasiefooi, betyds te kon bybring.

© Stof 2013/05/04

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.