Die dag toe Stof ja gesê het vir die taak wat hy moet gaan doen, het hy geweet dat aardse waarborge nie meer daar sal wees nie.
Daar was tye dat hy nie mobiel kon wees nie. Daar was ook tye dat hy geseën is met genoeg om te kan ry waar hy moet kom. En elke keer as hy teruggekyk het, was daar 'n goeie rede waarom Pa hom weerhou het om bepaalde ritte te onderneem. Daar was en sal seker weer tye wees dat Stof op hierdie wyse weerhou word om mobiel te wees. Tog, is elke druppel brandstof wat in die voertuie se tenks beland het, elk 'n groot getuienis. Feitlik elke keer dat brandstof voorsien word, is dit van 'n bron af vanwaar dit die minste verwag is.
Dan word Stof stil. Dan kniel hy in nederigheid voor Pa en kan net in dankbaarheid, 'n loflied aanhef.
Bandstof: So 'n materieële ding. Maar juis omdat Vader die heerser oor die totale heelal is, is die materieële net so deel van Sy ryk as die geestelike. Daarom moet ons bely, elke keer as ons Hom probeer beperk deur te dink Hy kan sekere dinge en sekere dinge nie, is dit kleingeloof.
Mag hierdie getuienis jou weer opnuut herhinder daaraan dat jy elke behoefte wat jy het, voor Hom kan lê. Dat Hy nooit enige versoek se voorsiening, as benede Sy liefdevolle verhoring sien nie. Dit is juis wanneer jy in elke dimensie van jou lewe volkome op Hom begin vertrou, dat Sy hande begin oopgaan en Hy wys, Hy is 'n waarmaker van beloftes.