Om te byt of nie te byt nie, dit was in 2010 die vraag in Stof se lewe. Sy gebit het hom baie moeilkheid gegee en eet was regtig nie meer aangenaam nie. Een nag laat, raak alles mos net een te veel en bekla hy sy lot by 'n kreatiewe vriend wat hy regtig kan vertrou met dinge wat diep sny. Laatmiddag die volgende dag, laat weet vriend, Daar is iemand by 'n mediese instelling naby Stof se kaya wat graag wil loer wat die probleme is.
Afspraak is gemaak. Die engel met die wit jas, doen moeite om elke fout wat op te spoor is, te dokumenteer en 'n oplossing daarvoor te bedink.
Hy werk 'n kwotasie uit, en onmiddelik raak Stof benoud. Hy weet mos, hierdie goed is bitter duur. Maar Pa se genade is groot en die witjasmag gee naastenby 90% afslag. Vriend vra toe na die kwotasie na die eerste besoek. En net daar, besluit hy om die rekening op hom te neem.
Vier lang konsultasie later, met 'n heeltemal pynlose mond, kan Stof net sy Skepper loof vir hierdie voorsiening. En so sal hy steeds bly vertrou vir elke ander behoefte wat ook rondom sy liggaamlike mag ontstaan.
Alle eer aan God drie-enig vir Sy groot voorsiening hierin!