Weereens die mobiliteit kwessie. Dit kom voor asof dit die een punt is waar Stof tot nou toe, deurlopend aangeval is. In April 2012 is hy wel geseënd genoeg om twee gemotoriseerde voertuie te besit. Maar beide, word deur die meganiese, tot stilstand gebring. Stof is egter die afgelope paar maande gereeld in gesprek met Pa oor die moontlikheid van ekonomiese, maar tog kragtig genoeg voertuig om sy sleepwa te sleep sonder sukkel. Hierdie behoefte het hy egter met geen mens gedeel nie. Dalk omdat dit vraatsig sou lyk. Dalk omdat Pa hom juis daarvan weerhou het, omdat Hy 'n besondere plan had daarmee.
Heel onlangs, kom daar 'n oproep. Iemand het leiding gekry om Stof te seën met 'n voertuig wat presies aan daardie vereistes voldoen.
Woorde kan nie hierdie dankbaarheid beskryf nie. Dalk is al wat gepas is, net een groot lofrede tot 'n lewende Vader wat weet presies wanneer om sy kinders se gebede te verhoor.
Nou vra jy seker wat het die naam "Maggie" met die hele saak te doen. Hierdie voertuig sal die naam "Maggie" dra, vernoem na 'n afleiding van die skenker se naam. Daardie naam sal ook in viniel agterop haar aangebring word, sodat elke myl wat hierdie voertuig sal ry, 'n manifestasie mag wees vir oorvloedinge seën aan die skenker.