stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Sleepwawiele
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

'n Sleepwa is seker die voertuig wat die minste geäg word deur 'n groot deel van die bevolking. Genadiglik is Stof nie lid van hierdie vooroordeel-klub nie. In sy lewe is daar 'n lojale halftonner. 'n Sleepwa wat al deur baie as skreeulelik beskryf is. Enkelinge het al so vêr gegaan om 'n saamrygeleentheid van Stof te weier omdat hy hierdie lojale wa agter die sleepvoertuig had.

Soos enige ander voertuig, is die wiele die deel wat nooit regtig na waarde geäg word nie. Dit moet mos maar daar wees. 'n Gegewe. So gebeur dit dat die stel wiele wat Stof gewoonlik op hierdie halftonwa gebruik, begin tekens toon van slytasie. Om hulle mooi te laat regmaak, val buite Stof se fiskale vermoëns. En diegene wat deur al die jare die voordeel had van die negosie wat hierdie wa aangery het, swyg... Daar is egter noodsaaklike ritte om te ry en dis sou onverantwoordelik om die wiele wat bietjie liefde benodig, te gebruik.

Stof bevind hom kort daarna 'n kennis se hoewe. Tydens 'n gesprek oor voertuig aangeleenthede, kom hierdie wiele onderwerp ook mos na vore. En kennis gaan wys vir Stof 'n perfekte stel volledige wiele wat hy aanhoudend rondskuif omdat hy nie regtig plek of werk vir hulle het nie. Presies die regte grootte vir stadsgebruik. Nodeloos om te sê, word hierdie stel wiele aangebied en die aanbod word met dank aanvaar.

So weet ons Vader wanneer ons soms duursame items benodig. Dinge wat nie sommer net uit 'n agtersakbegroting aangeskaf kan word nie. Dan maak Hy Sy hand ruim oop en stel weer Sy kinders in staat om te kan doen, dit waartoe hulle geroep is. Dan kan geen mens anders, as om net aan Hom al die eer te gee daarvoor nie.

© Stof 2012/11/15

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.