stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Gary
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Dis met dank dat Stof kon rapporteer dat sy tweewielvoertuig, wat steeds meganies onklaar is , op 'n veilige plek staan. Maar die feit dat sy nie saam met Stof op sy kaya se werf is nie, bly maar 'n seer saak. Baie mense het belofte gemaak om haar te gaan haal of reëlings daarvoor te tref. Geeneen van hierdie ondernemings realiseer egter nie.

Stof se hart voel twee weke later steeds nie goed dat sy geliefde tweewielryding elders staan nie. Gary kom van hierdie dilemma te hore. Hy maak 'n aanbod: Kom ons laai haar im sy paneelwa en bring haar huistoe. Hy, wat seker die besigste is van al Stof se vriende, het tyd gemaak om te help. Hy wat reeds deur die universiteit van die lewe is en albei kante ken. Te midde van drie optredes op een dag, daag hy by Stof op met sy paneelwa. Hy het spesiaal sy klanktoerusting en instrumente uitgelaai net om Stof te kom help. Gary en Stof is na die perseel waar die voertuig gestaan het, sy is opgelaai en was in minder as 'n uur weer terug by haar regmatige staanplek.

Soms stuur Pa engele wat die minste tyd het, om juis sy werk te doen. Mense wat groot hoeveelhede toerusting sal uitlaai uit hulle voertuie uit, net om 'n vriend te help. En daarna weer al die swaar apparaat in te laai en steeds betyds te wees vir die aand se optrede.

Vandag getuig Stof hoedat sy Skepper vir Gary, as die mees onwaarskynlike oplossing, gestuur het om sy probleem te kom oplos. Laat ons hieruit leer dat Hy, altyd met die perfekte oplossing sal kom. En aan gary, dankie dat jy te midde van jou vol dag, steeds gehoorsaam aan Pa was!

© Stof 2010/06/28

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.