|
|

stof tot stof, stof tot nadenke: 'n stowwerige gegriffel
|
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!
|
Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!
|
| | | |
|
Elke mens het 'n behoefte aan 'n gereelde gesprek met 'n vertroueling. Gesprekke wat meinge las, na slegs een koffie en 'n halfuur se kuier, sommer dadelik weer ligter laat voel.
Ons Vader weet so goed wie die regte aflaaiplek is vir elke mens. Hy voorsien vir elkeen van ons iemand wat naby ons woon, sodat ons maklik daar kan kom, maar wat ook 'n hart het om opreg om te gee.
Jan is daardie persoon waarmee Stof geseën is. Jan en sy vrou Mettie is dié mense waar Stof kan gaan vir daardie gereelde maar vinnige herlaaie. Jan en Mettie wat deur baie nie geäg word nie. Maar wat die wat hulle nie ag nie, miskyk, is hulle onvoorwaardelike gehoorsaamheid aan ons Vader. Hulle gehoorsaamheid aan Hom, hulle bereidheid om te doen wat die Heilige Gees vir hulle wys.
Is jy wat hier lees, dalk een van daardie mense wat "sterk genoeg" om sonder ondersteuning deur die wêreld te gaan? Indien wel, sal jy nie hierdie getuienis verstaan nie, want jy is waarskynlik al so moeg alleen gedra dat jy nie meer kan verstaan nie. Maar aan elkeen wat bereid is om die hand te neem van die engele wat Pa oor ons pad bring, julle sal verstaan waarom Stof vandag hier getuig dat hierdie twee engele, Jan en Mettie, een van die groter wonderwerke is waaroor Stof kan getuig. Mag elke leser, vir 'n oomblik gaan stilstaan. Dan, bietjie rondkyk, met 'n oopheid om genade te kan raaksien. En daarna, te dank vir al die wonders wat rondom hulle is, maar net nooit raakgesien is nie, omdat hulle fokus te nou was.
Aan elkeen wat 'n engel in ander se lewe is, dankie vir julle gehoorsaamheid. Dankie dat julle sensitief genoeg is, om Pa se stem te hoor en te dien wat Hy van julle vra.
|
|
En as Pa jou die dag vra om 'n engel vir 'n medemens te wees, vertrou ek dat jy Sy stem sal hoor, en net so gehoorsaam sal wees, soos wat Jan en Mettie is.
.
|