stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Gawie janse van Rensburg
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Gawie is 'n man op wie baie neersien. Maar ook 'n man waarop sy Skepper met 'n glimlag neerkyk en, so glo ek, trots is dat Hy vir Gawie geskep het.

Gawie se omgee vir sy medeskepsels, kom vanuit die mees onwaarskynlike omstandigdhede. Gawie het materieël baie minder as menige wat nou hier lees. Minder as diegene wat so graag nee sê as Pa hulle roep tot omgee of naastediens. Maar ten spyte van die feit dat juis hy, die een is wat, materieël gesproke die minste instaat is om die hulp aan te bied, doen hy dit juis met oorgawe. So gebeur dit dan ook gereeld en net betyds dat daar vir hom verskeie vorme van voorsiening kom.

© Stof 2009/08/01

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.