stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Anše
Die tweewieldame in Stof se lewe
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Dit is Mei 2008. Beweeglikheid is noodsaaklik om te funksioneer. Bets, Stof se lojale bakkie is steeds siek. Mobliteit word 'n probleem en die lewenroeping wat hy moet doen, ly ernstige skade. Hy smeek een Dinsdagoggend dat Vader tog Sy hande moet oopmaak om sy mobiliteit weer werkend te kry.

Donderdagoggend breek aan. 'n Kennis skakel en vra of dit vir Stof moontlik is om Saterdagoggend in Garstfontein te kan wees om 'n 150cc motorfiets te gaan haal. Eers onseker, maak hy seker dat hy nie droom nie en vra of dit werklik so is. Die persoon wat skakel bevestig dit, en reël sommer ook dat Stof 'n geleentheid daarheen kry van 'n plek baie naby aan sy kaya. So breek saterdag aan. Stof ariveer op die afgespreekte plek en word daar opgelaai. In Gartfontein aangekom, gaan wys die engel wat die voertuig vir hom wil gee, hom 'n grys yster in perfekte toestand. Stof kry selfs 'n lekker leër-rybaadjie sowel as 'n goeie helm saam met haar. So is Stof oppad terug kaya toe met sy pas aangeskafde genade.

Die vraag oor waarom Vader voorsien het in 'n mototfiets, terwys Stof se gebed was dat Bets moet gesond word, begin binne enkele dae antwoord kry. Vader wys vir Stof dat, omdat sy lyf op daardie stadium nie wel is nie, sou dit nie goed wees as 'n bakkie weer tot sy beskikking kom nie. Dit sou hom in die versoeking plaas om te veel werk met sy lyf te doen en dan sou fisiese genesing ernstig vertraag wees. Met 'n motorfiets, kon Stof en 'n rugsak, kom waar hy moes om sy werk te doen. Dit maak ongeveer tagtig persent van sy werk uit. Die motorfiets se ekonomiese brandstofverbruik, is ook 'n bedekte seën, want die fiskale het maar knyp gegaan op daardie stadium.

So loof en prys Stof sy Vader nou omdat die regte voertuig op die regte tyd voorsien is.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Mag hierdie getuienis vir elkeen wat op hierdie oomblik soortgelyke beproewings beleef, moed gee. ag hulle hieruit sien dat hul Vader ook vir hulle presies die regte uitkoms op die regte tyd sal voorsien.

Aan die gestuurde wat hierdie voertuig voorsien het, dankie vir jou gehoorsaamheid aan ons vader. Mag jou gehoorsaamheid, 'n inspirasie wees vir elkeen wat nog twyfel of hulle moet doen wat Vader van hulle vra.

© Stof 2011/05/30
.