stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

'n Monitor
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Elders in hierdie afdeling het Stof berig oor die genade van 'n skootrekenaar wat sy pad gekruis het. Synde die enigste werkende rekenaar in sy stal, moet hierdie outjie alles doen. Daar word dus ook baie ure bestee voor die masjien. Stof moes noodgedwonge sy sessies inperk, want 'n tienduim monitor laat nie juis toe dat daar te lank op 'n keer gewerk kan word nie. Hierdie was een van daardie behoeftes wat Stof nie eens uitgespreek het nie. Nie teenoor sy Vader of enige mens nie. Tog het Vader sy hart gehoor en enkele dae later kruis iemand sy pad. Sy het sopas 'n een en twintigduim monitor vir haarself aangeskaf en bied vir Stof haar 17 duim monitor aan. Sommer net as 'n geskenkie. Hierdie aanbod is met dank aanvaar. Tuisgekom, is die monitor dadelik aan die broodblikkie gekoppel. Die beeldkwaliteit is briljant, en dis nie meer nodig om oor 'n neuspunt te fokus om iets gedoen te kry nie. So bewys Pa weereens, Hy wil ook hê Sy kinders moet gemaklik kan werk.

Neem hierdie getuienis, maak dit ook jou eie, en jy sal sien, Hy sien ook jou hartsbehoeftes raak. Moet dus nie verbaas wees as iets wat jy nie eers op gereken het nie, meteens jou pad kruis nie. Dit bloot is Sy manier om jou net daardie ekstra bietjie bederf te gee, omdat hy jou liefhet met 'n ewige liefde.

© Stof 2009/09/09

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.