stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Alef se ligte en decor
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Na baie jare op die pad was Alef, Stof se vragsleepwa, redelik verweerd. Haar ligte was dof en die enkele gaatjies weens ysterluisinfeksie het gewys. Sy moes egter met een van die uitreikkampe, die klanktoerusting en van die retikulasietoerusting vervoer. Dit sou nie veilig wees nie, want die kans dat water kon lek as ons in die reen sou ry, was te groot. Self het Stof die bekommernis gehad dat die agterligte, wat wel nog binne wettige perke was, tog nie veilig genoeg was vir ongure padomstandigdhede nie.

Babs, 'n kollega wat die gawe het om die meeste mense om haar pinkie te draai, neem dit op haar om op 'n middagtoer te gaan deur die winkels. Sy vra vir Stof wat is sy behoeftes. Laatmiddag, kom sy terug met presies die korrekte ligte, weerkaatsers en selfs 'n splinternuwe nommerplaat. Op 'n wonderbaarlike wyse is daar ook 'n vel viniel voorsien om die paneel waarop hierdie dinge gemonteer moes word, in 'n kits mooi te maak. So kon ons dus die voorbereidinge begin tref vir die kamp sonder die bekommernis oor hoe om die toerusting, veilig by die terrein te kry nie.

Dikwels staan daar 'n engel onder ons neus. Iemand wat deur baie geminag word, maar gestuur is om 'n verskil te maak. Mag hierdie getuienis jou leer dat engele soos Babs, oraloor te kry is. Engele wat hulself nie publiek bekendstel nie, maar daar is om gehoorsaam te wees as Pa hulle roep.

En dalkies, is jy net die volgende roeping, wat Hy op hulle harte wil plaas...

© Stof 2008/07/24

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.