Staatkundige owerhede: Dikwels 'n gawe aan die mensdom om hul, dikwels meer as net 'n bietjie, geduld te leer...
So gebeur dit dat Stof sy A lisensie in September 2008 reeds geslaag het. Met 'n gepaardgaande epos van die toetsbeampte wat die lisensie bevestig. In daardie bevestiging dui hy ook duidelik aan wat die rede is waarom dit nie dadelik op Navis geplaas kan word nie. Vier jaar later is daar steeds amptenare aan diens wat eerder op onbevoegdheidsverlof moes wees. Die oordrag is 'n nagmerrie en kom net nie tot 'n punt nie.
In 2011 reeds het Celesté Wrightley, 'n amptenaar by Akasia lisensies, die saak onder haar vleuel geneem. Haar toewyding het Stof weer hoop gegee dat daar wel toegewyde amptenare in die owerhede is. En sy het haar deeglik van haar taak gekwyt. Sy het haar egter keer op keer by Mpostoli Msiza en Mathilda Ntlatleng by die TPA vasgeloop, wat al haar harde werk tot niet gemaak het en beslis nie dieselfde toewyding vir sy werk toon nie.
Stof is dankbaar dat daar engele soos Celesté oor sy pad gestuur is, mense wat ten spyte van 'n werkomgewing waar hulle onder baie druk is, steeds bereid is om die evangeliese tweede myl te loop. Aan hierdie engele word toegewens, oorvloedige seën. Mag julle senior kollegas julle waarde besef en julle ook op tasbare wyse, daarvoor vergoed. Maar meer as dit, Mag Pa julle aanraak op so 'n manier, dat Hy julle diepste hartsbegeertes, sal laat manifesteer op wonderwerkende wyse.