Seëning op seëning. So word Stof daagliks deur sy Pa verseker dat Sy seëninge vrylik beskibaar is. Saam met baie van hierdie seëning kom ook soms 'n toetsie. Glad nie 'n groot eksamen nie, bloot net 'n 'n klein toetsie in afhanklikheid. Al wat Hy vra, is net 'n blykie van Sy kinders se vertroue in Hom.
So sonder dat Stof eers weet dat hy een laatmiddag in die eksamenlokaal bevind, deel Stof een laatmiddag 'n paar gedagtes met 'n vertroueling. Die vertrouling vra juis in daardie gebed, dat Stof geseën word met die nodige om 'n ander manifestasie van Pa se genade in sy lewe, af te handel.
Tydens hierdie gesprek, sit Stof met die bedrag van R4.50 in sy sak. So in die stilligheid vra hy Pa om tog net van êrens af, vir hom vyftig sent te las sodat hy minstens 'n bietjie lugtyd kan aanskaf. Meteens praat Pa duidelik met hom: Gee dit vir die vertrouelinge waar jy jou nou bevind. Hulle is R4.50 kort op noodsaaklikhede vir hulle huishouding. Teen hierdie tyd in sy lewe, het Stof lankal al geleer, as Pa praat, moet gedoen word. So word die bedraggie oorgegee. Die reaksie daarop, het getuig dat Stof inderdaad sy Vader se stem, reg gehoor het.
Die volgende oggend, tydens 'n parkbediening, kruis 'n ander gestuurde Stof se pad. Hy sê dat hy weet van die adminsitratiewe uitgawes rondom 'n stuk genade wat Stof gaan ontvang, en dat hy gestuur is om die volle bedrag daarvan, te voorsien. So gebeur dit dat Vader vir Stof getoets het met sy laaste R4.50, voordat Hy besluit het, hierdie toetsie, is geslaag. Sy gawe terug, was nie tienvoudig nie, nie honderdvoudig nie, maar meer as tweehonderdvoudig.
Vertrou jou Vader dus as Hy vir jou 'n opdrag gee. Weet dat Hy jou met meer wil seën as waarmee Hy jou getoets het. Moenie Sy opdragte, Sy toetse, op menslike manier probeer analiseer nie. Vertrou Hom onvoorwaardelik, en jy sal sien, Pa se rentekoers, is meer as wat enige menslike instelling jou kan aanbied.
Dankie Vader, dat U ook op hierdie wonderwerkende manier, weereens in U kind se nood voorsien het.