stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Oorpyn
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Stof is midde in 'n besonder geseënde week. Baie sake wat jare al sloer, het uiteindelik 'n bestemming in sig. Die feit dat die bestemmings in sig is, maak dat die ontbrekende skakels nie meer vir hom 'n las is nie, maar eerder 'n vooruitsig na die oorvloedige wyse hoe sy Vader ook daarin sal voorsien.

Die hele week is daar egter 'n duiwel in sy regteroor. Dit pyn en dit is dof en dit is moeilik om ander te hoor as hulle praat. Die regte ding om te doen, is egter om deurlopend hierdie saak voor Pa neer te sit in die wete dat Hy net 'n woord hoef te spreek en dit sal genees. Per geleentheid vra hy ook dat 'n paar ander saamstem voor Pa oor hierdie saak. En so uit die bloute, kort daarna, is die oor oop. Klanke is weer helder en duidelik. Die pyn het gewyk en dit is amper skokkend om die omgewing so helder te kan waarneem.

Om saam te stem met ander, sowel as om ander te vra om met ons saam te stem voor Pa oor elke saak in ons lewe, is noodsaaklik. Vader wil ons seën. Hy wil net sien dat ons Hom in elke saak vertrou, in elke omstandigdheid. Hy wil sien dat ons geen versoek te klein of te groot ag vir Hom om net 'n woord oor te spreek nie. Die oomblik dat Hy sien dat hierdie versoek opreg en in volle geloof en vertroue in Sy almag gespreek is, maak Hy Sy oorvloedige voorsiening oop.

Mag hierdie getuienis jou bemoedig om te weet, Hy wil jou gebede verhoor. As Hy 'n klein sakie soos 'n seer oor so kan genees, hoeveel te meer wil Hy nie ook die groter goed in jou lewe herstel nie.

Alle eer aan Hom, die Skepper van die heelal, die oppergesag oor alles, maar bo alles, ons Skepper wat vir elkeen van ons so lief is, dat Hy net die beste vir ons elkeen wíl hê

© Stof 2010/08/14

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.